Gereed om jou lewe vir Jesus te gee?

Het enigiemand al vir jou gesê dat God jou lief het en dat Hy ‘n wonderlike plan vir jou lewe het?

As vandag jou laaste dag hier op aarde was, weet jy verseker, bo alle twyfel dat jy Hemel toe sal gaan?

Weet jy dat mens nie slegs Hemel toe gaan, omdat jy ‘n goeie persoon is nie?

Die Bybel lees: “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” en “die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus onse Here” en “elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word”.
Het jy geweet dat jy ingesluit is by “elkeen”?

Ons nooi jou om hierdie gebed te bid

Here Jesus, ek gee vandag my lewe vir U. Vergewe my sonde. Maak my vry. Jesus, dankie dat U vir my gesterf het. Ek glo dat God U uit die dood opgewek het. Vul my met die Heilige Gees, die vrede van God, en die vreugde van die Here. Gee my ‘n passie vir die verlorenes, ‘n honger vir die dinge van God, en ‘n vrymoedigheid om die Evangelie van Jesus Christus te preek.
Ek is gered. Ek is wedergebore. Ek is 'n nuwe mens in Christus. Ek is vergewe en ek is nou oppad Hemel toe, want ek het Jesus Christus in my hart. Dankie Jesus!

Ons Sal Graag Jou Verhaal Wil Hoor

As jy hierdie gebed gebid het, laat weet ons deur die vorm hieronder in te vul. Ons wil jou geloofstap saam met jou vier.
Of dalk het jy 'n gebedsversoek? Stuur dit gerus vir ons om saam met jou te bid.

Fields marked with an * are required